Banier

NG Kruin

Diens Tye

Eredienstye:

Sondagoggende:         08:30 Die Kruin

10:00  Die Parke

Sondagaande:             18:00  Jeugdiens  Die Kruin

18:00   Aanddiens  Die Parke

Gebedsgeleenthede:

Sondagoggende:   08:00  Die Kruin

Saterdagoggende:   07:00  Die Kruin

Bybelskool:

Elke Sondagaand soos op die kalender. By Die Parke gemeente

Ultimate Web Creations

Web Sites by UWC
Drakensberg Primêre Skool
is 'n Afrikaanse Opvoedkundige- en Kultuursentrum wat primêr ten doel het om vanuit 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, ...
Amajuba Hoërskool
Om Amajuba skool die beste skool in Newcastle te maak in terme van akademie, sowel as sport en kultuur.
Newcastle SOI
To change the lives of our learners in positive ways so that they can become responsible citizens...
SA Voedings Projek
The SAFP started with feeding projects in 2009 when we realised that children in our schools come to study on empty stomachs (Hungry)...

Kruin & Parke op Facebook

Banier
NG Gemeentes Die Kruin/Die Parke
Saakgelastigde

Leslie Liebenberg                                         Nettie Ferreira.

 
Borg van die week E-pos

 
Retha Mc Pherson E-pos

U word hartlik uitgenooi na 'n Dag van Verryking saam met






Wie is Retha Mc Pherson?

Retha her aanvanklik bekendheid verwerf toe sy in  2004 as Mev. Suid-Afrika gekoon is, 'n eer wat vir haar deure geopen het as publieke spreker. Dit was egter ook in dieselfde jaar wat sy en haar gesin in 'n motorongeluk was, en waarin haar oudste seun, Aldo, ernstige breinskade opgedoen het. Sedertdien loop Retha 'n besondere pad saam met die Here....



Hierdie is 'n kort samevatting van Retha se storie, soos op haar webwerf www.rethamcpherson.com.
Hoewel dit in Engels is, sal haar aanbieding op die 2de Oktober by Die Kruin in Afrikaans wees.

It was the year 2004 and perhaps Retha McPherson’s best year yet. Retha was “living the dream” as most people would describe her life, and loving it. She had the best of everything and to top it all off, she was crowned as Mrs. South-Africa. This opened many doors for her and ushered her onto a platform of public speaking. On one of these events she shared the following message:
“The simile of our lives as clay tablets - works of art that we are improving upon daily. We each paint our own tablet. While some of our tablets are bright and beautiful, full of color and life, others are drab, with only beige and brown paint signifying an unfulfilled life. More important though, is what happens once your precious clay tablet slips from your fingers one day and falls to pieces at your feet. No matter the color of your tablet, once it’s shattered you will bow your knee to inspect the damage. Bowing down to the broken pieces of your life is an automatic reaction. One person bows down and picks up the pieces. Then under the guidance of the Holy Spirit, he redesigns his picture, pasting the potsherds to create a new mosaic …because all the broken pieces of your life is nothing more than a beautiful mosaic of your future. Another person kneels down among his destruction. He too collects the pieces, but then he sits in it – defeated. He cherishes his pain and bitterness flows from it. Life is all about choices.”
Little did she know her own plate was soon about to fall…

Lees meer...
 
BYBELS & GEESTELIKE BOEK INSAMELINGS PROJEK. E-pos

Gedurende die tydperk Februarie tot Mei 2009, het daar  'n projek geloop waar die gemeente gevra was om ou Bybels en geestelike boeke wat in laaie en in bokse in stoorkamers lê en stof opgaar, by die kerkkantoor in te handig. In hierdie kort tydperk was 685 boeke en Bybels ingesamel en versprei.

Daar het naderhand 'n aanvraag vir hierdie leesstof by sommige van die afsetpunte ontstaan. Maar ongelukkig het die boeke begin "opdroog", en moes die projek gestaak word.

Hierdie materiaal was onder andere by dokters spreekkamers, ouetehuise, minderbevoorregte persone, ens. gelaat. Zulu Bybels was by vulstasies uitgedeel.

Dit gebeur soms dat by die afsterwe van 'n geliefde hierdie boeke met dagstukkies ens. vir sentimentele redes gestoor word; en met alle respek, naderhand in 'n bergings probleem ontaard. Geensins is die idee om u dit te ontneem nie, hou gerus dit wat vir u dierbaar is, maar die res sal ons met graagte kan gebruik. Ook in ons eie boekrakke, is daar materiaal wat vir ons van belang is en wat ons graag eendag weer sal wil lees of sommer net wil hou, vir watter rede ookal, hou dit asb., maar daardie paar wat u nie weer na sal kyk nie, neem kennis daar is ander persone wat dalk smag na die boodskap wat daarin opgeteken staan.

As u kan help, kan u gerus hierdie boeke by die kerkkantoor inhandig, of as daar baie is skakel gerus, en ek sal dit op 'n geleë tyd by u kom afhaal.
Dankie
084-208-4858.

 
CHRISTENE WORD AANGEMOEDIG OM ORGAANSKENKERS TE WORD. E-pos

Dit is vanjaar die 21ste verjaardag van die Stigting van Orgaanskenkers. Tog, ten spyte van vele suksesvolle bewusmakings- en opvoedingsveldtogte, het die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners nog nie onderneem om orgaanskenkers te word nie. Volgens die Stigting: "Solank as wat een individu nog op 'n orgaan wag omdat 'n skenker nie gevind kan word nie, is ons werk onvolledig - dit bly ons uitdaging.

Die Stigting moedig Christene aan om in te teken en om met 'n bewusmakingsveldtog by kerke en in gemeenskappe te begin. Vir meer inligting oor hoe om 'n skenker te word, skakel: 0800 22 66 11 of besoek die webwerf www.odf.org.za.

BRON: JUIG TYDSKRIF SEPT/OKT 2009.

 
Gebedspunt vir die week E-pos

 

Baie lande in Afrika kyk na Suid-Afrika met groot verwagting.  FEBA Radio SA ervaar dat die Here ons in Afrika geplaas het met 'n groot verantwoordelikheid vir die vasteland.

 

Oor baie jare het FEBA se bediening in Zimbabwe (met uitgebreide programme op die ZBC) gegroei en groot seën gebring vir duisende luisteraars.  Die politieke en ekonomiese probleme het egter groot uitdagings gebring.  Die personeelgetalle het drasties gekrimp;  uitsendings op die kanale van die ZBC het onbetaalbaar geword;  'n nuwe fokus op gebiede en taalgroepe wat moeiliker bereikbaar is met die Evangelie as die Zimbabwiërs - dit alles het bygedra dat die bediening drasties ingekrimp moes word.

 

Bid asseblief hierdie week vir die nodige wysheid om die regte geleenthede aan te gryp.  Daar is nie alleen geleenthede om radio verder te ontwikkel nie;  daar is ook moontlikhede om groter steun vir die internasionale bediening te mobiliseer - ook buite die landsgrense van Suid-Afrika.  Bid ook dat ons die uitdagings van Afrika met opgewondenheid en geloof sal aangryp.


.................................................

 
Bybelstudie Groepe E-pos

MANS BYBELSTUDIE VROUE BYBELSTUDIE

BYBELSTUDIE WOENSDAE.

Kom sluit by ons aan elke Woensdag:
DAMES    09h30
MANS    11h00

Dis nooit te laat om te begin nie.

'n Uur in die dorp kan jou dalk verarm, maar 'n uur saam met hierdie groep kan jou net verryk,!

Samekoms Die Kruin Kerksaal. Vir meer inligting, kontak kerkkantoor

Dis verniet...

(SEL) DISSIPELSKAPGROEPE

Kom weekliks bymekaar. As u belangstel om

deel van 'n groepie te wees, kontak u

naaste kerkkantoor.

Kom maak vriende, skakel in, en word deel

van 'n groep mense met wie u kan saam

gesels. Ons praat oor die dinge van die

Here, ons gesêls en kuier.

Ons sien uit daarna om julle te verwelkom !

 
ANGUS SE WOORDE AS VOLG : E-pos

God wil ons nie laat swaarkry nie,

maar as gevolg van ons ongehoorsaamheid,

sal God goeie dinge van ons weerhou.

As jy in 'n buite-egtelike verhouding is, gaan na die persoon met wie jy die verhouding het en sê "dis verby".

Vra God om vergifinis.

As jy saam met 'n vrou bly gaan na haar en sê trou met my,

want God wil jou Heilig hou.

As jy nie seker is nie moet haar nie misbruik nie want sy is 'n Heilige Skepping van God.

Mans moet leiding neem in  Boekevat  -  huisgodsdiens, dit gee hul vrouens 'n gevoel van sekuriteit.

As jy na pornografie kyk, stop!

Lees meer...
 
"Die Anderkant" op Kyknet E-pos

Liewe Mede gelowige in Jesus Christus

Vandag wil ek jou vra om saam te staan teen die uitsending van die program "Die Anderkant" op Kyknet.

Kontak met die dooies word verbied deur God. Waarom moet ons stilbly en openlik aanvaar as Satanspraktyke uitgesaai word?

Ek wil jou vandag help om opnuut te ontdek wat hieroor in God se Woord Staan:

Levitikus 19:31 "Julle mag nie geeste van doies mense of vir waarseêrs vra wat julle wil weet nie. As julle dit doen dan sal julle onrein word. Ek is julle God die Here"

Lees meer...