Banier

NG Kruin

Banier

Apokriewe Boeke

Banier

Diens Tye

Eredienstye:

Sondagoggende:         08:30 Die Kruin

10:00  Die Parke

Sondagaande:             18:00  Jeugdiens  Die Kruin

18:00   Aanddiens  Die Parke

Gebedsgeleenthede:

Sondagoggende:   08:00  Die Kruin

Saterdagoggende:   07:00  Die Kruin

Bybelskool:

Elke Sondagaand soos op die kalender. By Die Parke gemeente

Ultimate Web Creations

Web Sites by UWC
Drakensberg Primêre Skool
is 'n Afrikaanse Opvoedkundige- en Kultuursentrum wat primêr ten doel het om vanuit 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, ...
Hoërskool Amajuba
Om Amajuba skool die beste skool in Newcastle te maak in terme van akademie, sowel as sport en kultuur.
Newcastle SOI
To change the lives of our learners in positive ways so that they can become responsible citizens...

Kruin & Parke op Facebook

Banier
NG Gemeentes Die Kruin/Die Parke
Preke E-pos

Preke afdeling hersien: 30 Januarie 2012

 

 

 

 

 

 

Dr. & Mev. André & Wilna Strydom. Leraar egpaar van Kruin & Parke gemeentes Newcastle (KZN)

 

Saakgelastigdes

Leslie Liebenberg                                         Nettie Ferreira.

 
Borg van die week E-pos

 
E-pos

 

 
Israel Toer 2012 E-pos

 

In die Voetspore van Jesus in Egipte, Sinai, Israel en Jordanië

Olv Dr Andre Strydom en Annalise Wiid (sangeres)

 

24 Junie – 5 Julie 2012

 

“Kom laat ons optrek na die berg van die Here,

na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy weë kan leer

en ons in Sy paaie kan wandel”.  Jesaja 2: 3


Liewe Pelgrim:
Ons wil u uitnooi om saam met ons ’n lewensverandere Pelgrimstog in die Voetspore va Jesus na die Beloofte Land te onderneem.  Kom stap saam met duisende ander pelgrims in die Voetstappe van die Here Jesus.  Dit is ’n wonderlike ervaring-maar nie so wonderlik soos om nuwe en vars voetstappe van Hom vandag te beleef en ervaar nie.  Ons sal verskeie historiese plekke besoek, op plekke staan waar Jesus mense se lewens aangeraak en verander het, en ook die geleentheid kry om self by hierdie plekke opnuut met die Here Jesus te ontmoet.  Dit is nie dus net nog ’n toer nie, maar ’n Pelgrimstog waar ons meer kan leer van die gebruike en gewoontes van mense van die Bybellande en waar ons geloof versterk kan word.  Ons het alreeds begin bid vir die groep wat die Here wil saamvoeg op hierdie reis en sien daarna uit om saam met jou op te trek na die Berg van die Here.  Andre en Annalize

 

Kliek hier vir meer inligting

 

 

 

 

 

 
Die apostels se dood E-pos

Weet jy hoe die apostels dood is? Kliek hier.

 
NEWSLETTER February 2011 E-pos

Lees meer...
 
VERGIFNIS E-pos

Lukas (17) sê dat as jou broeder sewe maal op 'n dag teen jou sondig, en sewe maal om vergifnis kom vra moet jy hom steeds vergewe! In Lukas 11, waarsku hy dat as julle nie vergewe nie, julle Vader wat in die hemel is, ook julle nie sal vergewe nie!
Jesus sê in Mattheus 12 dat ons tot 70 maal 7 keer moet vergewe! Mattheus 6 maak weer melding van die feit dat ons nie op vergifnis van God kan staatmaak as ons nie bereid is om eerste te vergewe nie! Kolosense 3 vermaan dat ons mekaar moet verdra en vergewe!
Salomo sê in Spreuke 19 dat dit vir hom 'n eer is om 'n oortreding te kan vergewe!
Makliker gesê as gedaan hoor ek stemme brom. Maar is dit nie omdat ons almal met 'n wanbegrip van wat vergifnis werklik is, rondloop nie?
Ons almal ken die spreekwoord: om te vergewe is om te vergeet, maar hoe kan 'n mens vergeet? Ons gedagtes is nie 'n TV wat net eenvoudig afgeskakel kan word nie, die beeld bly hang. Kyk wat sê die vierde punt hieronder in die verband! Gewoonlik wil ons ook eers wraak neem voordat ons dit sal oorweeg om 'n ander te vergeef. Ons trots maak dat ons altyd eers die laaste hou moet inkry!
Kom ons maak vandag 'n kopskuif, kyk na die volgende 7 punte. Werk hulle een vir een deur, en ek waarborg dat as u dit met die regte gesindheid doen, u beslis baat sal vind daarby. Moenie die volgende 7 punte deur jaag nie, neem u tyd, staan stil by elkeen van hulle, doen eers self ondersoek voordat jy na die volgende een aangeweeg:

J.L.



VERGIFNIS IS NIE 'N GEVOEL NIE.


VERGIFNIS IS 'N BESLUIT


VERGIFNIS IS OM VRY TE SPREEK.


VERGIFNIS IS NIE OM TE VERGEET NIE

MAAR

VERGIFNIS IS OM NIE TE HERINNER NIE,

NIE JOUSELF OF ANDER MENSE NIE.


VERGIFNIS IS OM JOU REG TOT WRAAK

AAN GOD OOR TE GEE.


VERGIFNIS IS OM SOOS

GOD TE VERGEWE.

 


Onbekend

 
BYBELS & GEESTELIKE BOEK INSAMELINGS PROJEK. E-pos

Gedurende die tydperk Februarie tot Mei 2009, het daar  'n projek geloop waar die gemeente gevra was om ou Bybels en geestelike boeke wat in laaie en in bokse in stoorkamers lê en stof opgaar, by die kerkkantoor in te handig. In hierdie kort tydperk was 685 boeke en Bybels ingesamel en versprei.

Daar het naderhand 'n aanvraag vir hierdie leesstof by sommige van die afsetpunte ontstaan. Maar ongelukkig het die boeke begin "opdroog", en moes die projek gestaak word.

Hierdie materiaal was onder andere by dokters spreekkamers, ouetehuise, minderbevoorregte persone, ens. gelaat. Zulu Bybels was by vulstasies uitgedeel.

Dit gebeur soms dat by die afsterwe van 'n geliefde hierdie boeke met dagstukkies ens. vir sentimentele redes gestoor word; en met alle respek, naderhand in 'n bergings probleem ontaard. Geensins is die idee om u dit te ontneem nie, hou gerus dit wat vir u dierbaar is, maar die res sal ons met graagte kan gebruik. Ook in ons eie boekrakke, is daar materiaal wat vir ons van belang is en wat ons graag eendag weer sal wil lees of sommer net wil hou, vir watter rede ookal, hou dit asb., maar daardie paar wat u nie weer na sal kyk nie, neem kennis daar is ander persone wat dalk smag na die boodskap wat daarin opgeteken staan.

As u kan help, kan u gerus hierdie boeke by die kerkkantoor inhandig, of as daar baie is skakel gerus, en ek sal dit op 'n geleë tyd by u kom afhaal.
Dankie
084-208-4858.

 
Gebedspunt vir die week E-pos

 

Baie lande in Afrika kyk na Suid-Afrika met groot verwagting.  FEBA Radio SA ervaar dat die Here ons in Afrika geplaas het met 'n groot verantwoordelikheid vir die vasteland.

 

Oor baie jare het FEBA se bediening in Zimbabwe (met uitgebreide programme op die ZBC) gegroei en groot seën gebring vir duisende luisteraars.  Die politieke en ekonomiese probleme het egter groot uitdagings gebring.  Die personeelgetalle het drasties gekrimp;  uitsendings op die kanale van die ZBC het onbetaalbaar geword;  'n nuwe fokus op gebiede en taalgroepe wat moeiliker bereikbaar is met die Evangelie as die Zimbabwiërs - dit alles het bygedra dat die bediening drasties ingekrimp moes word.

 

Bid asseblief hierdie week vir die nodige wysheid om die regte geleenthede aan te gryp.  Daar is nie alleen geleenthede om radio verder te ontwikkel nie;  daar is ook moontlikhede om groter steun vir die internasionale bediening te mobiliseer - ook buite die landsgrense van Suid-Afrika.  Bid ook dat ons die uitdagings van Afrika met opgewondenheid en geloof sal aangryp.


.................................................

 
Bybelstudie Groepe E-pos

MANS BYBELSTUDIE VROUE BYBELSTUDIE

BYBELSTUDIE WOENSDAE.

Kom sluit by ons aan elke Woensdag:
DAMES    09h30
MANS    11h00

Dis nooit te laat om te begin nie.

'n Uur in die dorp kan jou dalk verarm, maar 'n uur saam met hierdie groep kan jou net verryk,!

Samekoms Die Kruin Kerksaal. Vir meer inligting, kontak kerkkantoor

Dis verniet...

(SEL) DISSIPELSKAPGROEPE

Kom weekliks bymekaar. As u belangstel om

deel van 'n groepie te wees, kontak u

naaste kerkkantoor.

Kom maak vriende, skakel in, en word deel

van 'n groep mense met wie u kan saam

gesels. Ons praat oor die dinge van die

Here, ons gesêls en kuier.

Ons sien uit daarna om julle te verwelkom !

 
ANGUS SE WOORDE AS VOLG : E-pos

God wil ons nie laat swaarkry nie,

maar as gevolg van ons ongehoorsaamheid,

sal God goeie dinge van ons weerhou.

As jy in 'n buite-egtelike verhouding is, gaan na die persoon met wie jy die verhouding het en sê "dis verby".

Vra God om vergifinis.

As jy saam met 'n vrou bly gaan na haar en sê trou met my,

want God wil jou Heilig hou.

As jy nie seker is nie moet haar nie misbruik nie want sy is 'n Heilige Skepping van God.

Mans moet leiding neem in  Boekevat  -  huisgodsdiens, dit gee hul vrouens 'n gevoel van sekuriteit.

As jy na pornografie kyk, stop!

Lees meer...
 
"Die Anderkant" op Kyknet E-pos

Liewe Mede gelowige in Jesus Christus

Vandag wil ek jou vra om saam te staan teen die uitsending van die program "Die Anderkant" op Kyknet.

Kontak met die dooies word verbied deur God. Waarom moet ons stilbly en openlik aanvaar as Satanspraktyke uitgesaai word?

Ek wil jou vandag help om opnuut te ontdek wat hieroor in God se Woord Staan:

Levitikus 19:31 "Julle mag nie geeste van doies mense of vir waarseêrs vra wat julle wil weet nie. As julle dit doen dan sal julle onrein word. Ek is julle God die Here"

Lees meer...